Mediaverklaring
Northern Light Foundation
03 September 2021
Gedurende Augustus het Northern Light Foundation (NLF) die Standerton-gemeenskap op verskillende maniere bygestaan.
Northern Light Foundation het gevaarlike padtekens (spoedhobbels) en stop-tekens in Standerton in die volgende strate geverf: Krugerstraat, Von Backstromstraat, Kerkstraat, Joubertstraat en Caledonstraat.
‘n Skoonmaakaksie is rondom die Standerton-hospitaal deur Northern Light Foundation gehandhaaf, waar meer as 50 sakke vullis verwyder is en die gras om die Hospitaal gesny is.
Verder is ‘n skoonmaakprojek deur Northern Light Foundation in die veld agter die Junxion-sentrum gedoen. Tydens hierdie projek is die gras in die veld ook gesny en altesaam 95 sakke vullis is verwyder.
“Northern Light Foundation kan net so sterk wees as wat ons lede ons maak. Jou bydrae sal verseker dat daar ‘n verskil in gemeenskappe in Suid-Afrika gemaak word,” het Hillel Coetzer uitvoerende hoof van Northern Light Foundation, gesê.
As jy betrokke wil raak by die maak van Standerton ‘n beter plek, kontak of WhatsApp 063 613 1214
As jy van NLF se projekte en aksies opgedateer wil word, voel vry om by ons WhatsApp-groep aan te sluit deur die skakel hieronder te volg: https://chat.whatsapp.com/Cne23FAfX94EXIap9nEI47 of besoek ons webwerf: www.northernlightfoundation.co.za
Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Noordelike Lig Stigting
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214
