Media verklaring – 09 September, 2022

Media verklaring – 09 September, 2022

Northern Light Founfadtion Animal Shelter (NLFAS) 6 Maande oud 

NLFAS vier hierdie maand ons sesde bestaansmaand sedert ons geopen het op 5 Maart 2022.

Sedert ons opening het NLFAS 80 diere ingeneem en gehelp om hulle eienaars op te spoor, of nuwe huise te kry vir hierdie diere.

NLFAS het ongeveer 5,6 ton kos gebruik sedert ons opening om hierdie diere te voer en ongeveer 3600 Liter water om hierdie diere te bad en van water te voorsien.

Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om ons te kontak indien hulle diere wegloop om seker te maak dat hierdie diere weer terug kan besorg word aan hulle eienaars.

NLFAS het ook ‘n streng aannemings proses wat werk as volg: eerstens moet daar ‘n applikasie vorm voltooi word; indien jou aansoek goed gekeur word word ‘n huis besoek gedoen deur ons vrywilligers om te verseker dat jou huis geskik en veilig is vir die dier wat jy wil aanneem; daarna reël ons dat jy die dier ontmoet en die finale kontrak teken asook aannemingsfooi betaal van R200-00 (plus die kostes vir ontwurming en inentings indien nodig).

Die dieresorg Sentrum word in samewerking met Kromdraai Kennels bestuur, op Kromdraai kennels se perseel.

Die doel van die dieresorg sentrum is om diere wat op straat woon en nie ‘n huis het nie te help. Die gemeenskap word versoek om diere wat hulle optel en rond sien loop af te laai by die sentrum. NLF sal verseker dat hierdie die hoof doel bly en dat die dieresorgsentrum nie ‘n plek word waar diere eienaars wat nie meer hulle diere wil hê nie net kom aflaai nie deur streng prosesse en prosedures in plek te sit.

Die dieresorg sentrum het tans plek om ongeveer 4 honde en 10 katte te huisves wat reeds vol is. Ons wil graag die kapasiteit uitbrei om meer diere te help, maar benodig hiervoor die gemeenskap se hulp. Enige skenkings in die vorm van bou materiaal of finansies kan gemaak word aan NLF.

“Northern Light Foundation het besef voor die opening van die shelter dat daar ‘n groot behoefte is vir hierdie tipe inisiatief in die gemeenskap. Die feit dat NLFAS al 80 diere kon help om van die straat af te kom en ‘n nuwe huis te vind wys net hoe ernstig die behoefte is.” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.

“ ‘n Spesiale dank aan al ons lede, gemeenskapslede, plaaslike besighede en ander organisasies wat help om hierdie projek ‘n sukses te maak,” sê Alida Podges eienaar van Kromdraai kennels.

“Northern Light Foundation wil ook ons vrywilligers bedank wat hulle tyd opoffer om hierdie projek ‘n sukses te maak,” sluit Coetzer af.

As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214

Indien die gemeenskap wil finansies bydrae tot hierdie projek of enige ander projek van NLF kan hulle bydraes inbetaal in NLF se rekening: Rekening Naam: Northern Light Foundation, Bank Fist National Bank, Rekening tipe: Cheque rekening, Rekening nommer: 62901405763

Alternatief kan lede ook aansluit as lede van NLF en ‘n maandelikse debiet order vorm teken om by te dra tot ons verskillende projekte in Standerton.

Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *