Northern Light Foundation (NLF) se Manna Projek het meer as 200 mense voorsien van kospakkies gedurende 2023.
NLF se Manna-projek is in 2022 geloods om gesinne in nood by te staan deur middel van maandelikse kospakkies te voorsien aan behoeftige gesinne.
Hierdie projek het verseker dat 12 gesinne nodige kos en klere ontvang het gedurende 2023 met ‘n totaal van 228 mense wat kos ontvang het gedurende 2023 met die hulp van hierdie projek.
Ons versoek dat die gemeenskap steeds sal bystand bied met skenkings van kos, klere en komberse.
Northern Light Foundation fokus daarop om in 2024 meer mense by te staan met behulp van hierdie projek.
Sonder die hulp van ons lede en plaaslike besighede is dit onmoontlik om hierdie projek suksesvol te loods.
’n Projek wat klein begin het, het ‘n belangrike deel geword van Northern Light Foundation. Dankie Standerton vir julle omgee en bystand,” het Hillel Coetzer, uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation gesê.
As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214.
Volg gerus ook Northern Light Foundation se facebook blad of besoek ons webwerf vir meer inligting.
Finansiële bydraes kan gemaak word by: Northern Light Foundation, 62901405763,
Tjekrekening, Standerton tak 255355 of volg die skakel om aan te sluit as ‘n lid van Northern Light Foundation https://www.electronicmandate.com/nlf/

