Media verklaring – 7 April 2022

Media verklaring – 7 April 2022

NLF-Loods Projek Manna

Northern Light Foundation (NLF) het op die 7de April 2022 amptelik Projek Manna geloods

Die doel van hierdie projek is om aan behoeftige gesinne bystand te bied met kos en klere.

Sedert Desemeber 2020 is die toets fase van hierdie projek reeds aan die gang, waar ongeveer 5 gesinne bystand ontvang het met kos en klere, meeste van hierdie gesinne se broodwinner het hulle werk verloor weens onvoorsiende omstandighede en die Covid 19 pandemie.

In Februarie 2022 alleen is daar kos pakkette aan behoeftige gesinne geskenk ter waarde van ongeveer R12 000-00, NLF wil graag Cofco International en Standerton Superspar bedank vir hulle bydraes tot hierdie projek.

Om te verseker dat hierdie projek vinniger groei het NLF ook ‘n weeklikse kosverkope projek geloods in samewerking met The Guest House Standerton. Elke Vrydag verkoop NLF en The Guest house ligte etes aan die publiek. ‘n Gedeelte van die winste word weer gebruik om bystand te beid aan behoeftige gesinne.

Gemeenskaplede kan Northern Light Foundation se facebook blad volg om op hoogte te bly van weeklikse bestellings of alternatief kan gemeenskaplede ons WhattsApp groep join om op hoogte gehou word van weeklikse kosbestellings deur 0636131214 te kontak.

“Die projek se naam is gekies weens net soos die Manna wat voorsien is aan die Isrealliete ‘n wonderwerk was, is hierdie projek ook al reeds ‘n bewys van hoe wonderwerke kan plaasvind en ons glo steeds baie meer wonderwerke sal lewer,” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.

“’n Spesiale dank aan al ons lede, gemeenskapslede, plaaslike besighede en ander organisasies wat help om hierdie projek ‘n sukses te maak,” sluit Coetzer af.

As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214

Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *