Gedurende September het Northern Light Foundation (NLF) padveiligheid en ‘n skoner gemeenskap in Standerton verseker.
‘n Skoonmaakprojek is van stapel gestuur deur Northern Light Foundation wat die velde langs die hoofweg op die R39 vanaf die Junction -winkelsentrum tot by die Sasol -vulstasie skoon grmaak het asook op die R546 vanaf die Sasol -vulstasie tot by die Secunda -kruising. Meer as 110 sakke vullis is tydens fase een van hierdie projek verwyder. Gedurende fase twee van hierdie projek sal die gras in die velde gesny word.
Northern Light Foundation het gevaarlike padoorgange (spoedhobbels) geverf, en stoptekens in Standerton by die volgende strate: Joubertstraat, Esdoornstraat en Impalastraat.
‘n Spesiale dank aan al ons lede vir hul bydrae, asook Paints Africa vir die padmerkverf, en Lekwa Clean up crew wat die vullissakke tydens ons skoonmaakprojek verwyder het.
“Ons kan op die kantlyn staan en aanhou kla oor verslegtende dienslewering in ons dorp, of ons kan eerder deel word van die oplossing en ‘n verskil begin maak en groei in ons ekonomie verseker,” sê Hillel Coetzer, uitvoerende hoof van Northern Light Foundation.
As jy betrokke wil raak en Standerton ‘n beter plek maak, kontak of WhatsApp 0636131214
As jy van NLF se projekte en aksies opgedateer wil word, voel vry om by ons WhatsApp-groep aan te sluit deur die skakel hieronder te volg: https://chat.whatsapp.com/Cne23FAfX94EXIap9nEI47 of besoek ons webwerf: www.northernlightfoundation.co.za
Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Noordelike Lig Stigting
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214
