NLF loods verskeie projekte gedurende Maart
Northern Light Foundation (NLF) het gedurende Maart 22 verskeie projekte geloods in Standerton. Hierdie projekte het die volgende aksies ingesluit: Bekendstelling van NLF se dieresorg-sentrum, skoonmaak aksies, bystand gebied aan behoeftige gesinne.
Gedurende Maar 2022 is NLF se Dieresorg sentrum amptelik geopen, die dieresorg sentrum word bestuur in samewerking met Kromdraai kennels, tans huisves die sentrum ongeveer 7 Honde en 10 Katte, met 5 diere wat reeds aangeneem is deur gemeenskaplede.
Gedurende NLF se weeklikse skoonmaakprojek by Standerton Rivier Park is daar in Maart 2022 ongeveer 72 sakke vol vullis opgetel en verwyder uit die park uit.
NLF het gedurende Maart 2022 voedsel en ander nodige produkte verskaf aan 10 gesin wat in Standerton woon. NLF wil graag Standerton Oil Mills (PTY) LTD COFCO International asook Standerton Super Spar bedank vir hulle bystand om gesinne in nood by te staan.
NLF het ook gedurende Maart 22 die veld oorkant Northmec Case Standerton skoongemaak en die gras gesny.
Verder het NLF bystand gebied om die Fun run gedurende die Goldi-4-in-1 Race aan te bied, fondse wat ingesammel is tydens die Fun run sal gebruik word om nog hokke te bou by die Dieresorg-sentrum.
NLF het ook gedurende Maar 22 ‘n skenking ontvang vanaf Laerskool Jeugkrag van meer as R3000-00, hierdie fondse is gebruik om wilde katte in die dorp te versorg.
“Die nood in Standerton vir gemeenskap gedrewe inisiatiewe is duidelik sigbaar, hierdie tipe projekte kan slegs die nodige aandag geniet as ons gemeenskap betrokke raak, .” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.
“ ‘n Spesiale dank aan al ons lede, plaaslike besighede en ander organisasies wat saamwerk om Standerton ‘n beter plek te maak,” sluit Coetzer af.
As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214
Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214
