NLF loods verskeie projekte gedurende Januarie
Northern Light Foundation (NLF) het gedurende Januarie 2022 verskeie projekte geloods in Standerton. Hierdie projekte het die volgende aksies ingesluit: verf van paaie, skoonmaak aksies, bystand gebied aan ‘n behoeftige gesin, asook gras gesny in oop velde.
Gedurende Januarie 2022 is fase een van Project White Stripe afgehandel in Beyersnaude straat tussen Joubert- en Standerstraat waartydens lyne in die pad weer geverf was wat in meeste plekke nie meer sigbaar was nie. Ongelukkig kon al die lyne nie geverf word nie, weens die aantal slaggate op Beyersnaude Straat.
NLF se weeklikse skoonmaakprojek by Standerton Rivier Park is weer van stapel gestuur. In Januarie alleen is daar ongeveer 182 sakke vol vullis opgetel en verwyder uit die park uit. NLF het ook nuwe toerusting aangekoop om velde te begin sny en skoon te maak.
NLF het ook gedurende Januarie voedsel en ander nodige produkte verskaf aan ‘n gesin wat buite Standerton op ‘n plaas woon. Die broodwinner van die Familie het sy werk verloor a.g.v. Covid 19.
NLF is tans besig om met verskeie besighede te vergader en beplan om ‘n slaggat projek van stapel te stuur. Voor die projek geloods word sal daar eers gekyk word om die beste produk teen die beste prys te bekom om ons dorp se slaggate te herstel.
“Standerton as ‘n gemeenskap kon nog altyd bymekaar staan. In hierdie moeilike tye is dit nodig om meer so bymekaar te trek en ‘n verskil te maak in Standerton. Raak betrokke by een van die organisasies in Standerton wat ‘n poging aanwend om ons pragdorp weer mooi en veilig te maak.” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.
“ ‘n Spesiale dank aan al ons lede, plaaslike besighede en ander organisasies wat saamwerk om Standerton ‘n beter plek te maak,” sluit Coetzer af.
As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214.
Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214
