‘n Oorsig van 2021 suksesse vir NLF
Northern Light Foundation (NLF) het in Junie 2021 hul eerste gemeenskapsprojekte in Standerton van stapel gestuur. In die afgelope 7 maande is verskeie projekte in en om Standerton uitgevoer; insluitend skoonmaakprojekte, fondsinsameling vir spesifieke inisiatiewe en padverf projekte.
Skoonmaakprojekte is in verskeie gebiede deur die Northern Light Foundation van stapel gestuur; insluitend ‘n weeklikse skoonmaakprojek by Standerton Rivier Park. Gedurende hierdie skoonmaakprojekte is meer as 1254 sakke vullis versamel en verwyder.
Northern Light Foundation se “Project White stripe” is van stapel gestuur waar NLF fokus op die verf van lyne van paaie en gevaarlike kruisings in Standerton te verf was. Meer as 50 stopstrate in Standerton is die afgelope 7 maande geverf, asook talle spoedhobbels.
Northern Light Foundation het ook ‘n fondsinsamelingsinisiatief vir Louis Hildebrandt Kinderhuis gehou wat 106 kinders huisves. Gedurende hierdie fondsinsamelingsinisiatief is verskeie goedere afgelewer by die kinderhuis wat skryfbehoeftes, bedgeriewe, sanitêre produkte en klere vir die kinders ingesluit het.
‘n Spesiale dank aan al ons lede, plaaslike besighede en ander organisasies wat saamwerk om Standerton ‘n beter plek te maak.
Gedurende 2022 beplan NLF ook om verskeie nuwe projekte van stapel te stuur wat sal fokus op dierewelsyn, gemeenskapsbou en die herstel van paaie asook die snoei van bome wat elektriese onderbrekings in en om die dorp veroorsaak. NLF sal steeds fokus op die verf van paaie, skoonmaakprojekte, sowel as fondsinsamelingsinisiatiewe.
“Northern Light Foundation het hul lidmaatskap in Augustus 2021 bekendgestel en in die afgelope drie maande het ongeveer 80 lede by die Northern Light Foundation aangesluit. As jy nog nie ‘n lid van die Northern Light Foundation is nie, vra jouself af wat kan die Northern Light Foundation in 2022 doen met jou maandelikse bydrae. Met NLF kan jy kies na watter saak jou bydrae geskenk moet word.” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.
As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214
Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214
