Media verklaring – 07 Maart 2022

Media verklaring – 07 Maart 2022

NLF open dieresorg-sentrum

Northern Light Foundation (NLF) het op die 5de Maart 2022 hulle amptelike opening gehou vir die Northern Light Foundation Dieresorg Sentrum in Standerton.

Die dieresorg Sentrum word in samewerking met Kromdraai Kennels bestuur, op Kromdraai kennels se perseel.

Gedurende die bekendsteling is daar ‘n inkleur kompetisie gehou vir kinders tussen 3 – 10 Jaar oud. Meer as 30 kinders het aan die kompetisie deelgeneem, die wenners was as volg; Simone Swart, Mia Janse van Rensburg en Conrie Roets.

Tydens die bekendstelling is daar ‘n bakkie vrag vol Hond- en Kat kos ingesamel wat geskenk is deur lede van die gemeenskap, asook die Light Riders- en Lone buddy Motorfietsgroepe.

Die doel van die dieresorg sentrum is om diere wat op straat woon en nie ‘n huis het nie te help. Die gemeenskap word versoek om diere wat hulle optel en rond sien loop af te laai by die sentrum. NLF sal verseker dat hierdie die hoof doel bly en dat die dieresorg sentrum nie ‘n plek word waar diere eienaars wat nie meer hulle diere wil hê nie net kom aflaai nie deur streng prosesse en prosedures in plek te sit.

Die dieresorg sentrum het tans plek om ongeveer 4 honde en 10 katte te huisves wat reeds vol is. Ons wil graag die kapasiteit uitbrei om meer diere te help, maar benodig hiervoor die gemeenskap se hulp. Enige skenkings in die vorm van bou materiaal of finansies kan gemaak word aan NLF.

Indien daar gemeenskapslede is wat belangstel om van die diere aan te neem kan die dieresorg sentrum enige tyd binne besigheidsure besoek word vir aanneming doeleindes.

“Hierdie tipe projekte kan slegs ‘n sukses wees as die gemeenskap betrokke raak en eienaarskap neem om te verseker dat honde wat nie meer voor gesorg word na omgesien kan word.” sê Hillel Coetzer uitvoerende hoof van, Northern Light Foundation.

“ ‘n Spesiale dank aan al ons lede, gemeenskapslede, plaaslike besighede en ander organisasies wat help om hierdie projek ‘n sukses te maak,” sluit Coetzer af.

As jy betrokke wil raak om Standerton ‘n beter plek te maak, kontak of WhatsApp 0636131214

Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *