Media verklaring – 03 November 2021

Media verklaring – 03 November 2021

Gedurende Oktober 2021 het Northern Light Foundation (NLF) verskeie projekte in Standerton uitgevoer, wat ingesluit het dat gevaarlike kruisings geverf is en skoonmaakprojekte onderneem is.

Skoonmaakprojekte is in die volgende gebiede deur Northern Light Foundation van stapel gestuur; op die hoek van Coligny straat en die R39 waar meer as 25 sakke vullis verwyder is, nog ‘n skoonmaakprojek op die R546 tot by Esdoorn is onderneem waar meer as 45 Sakke vullis verwyder is.

Northern Light Foundation het ook ons weeklikse Rivier Park-skoonmaakprojek van stapel gestuur waar NLF sal fokus op die skoonmaak van Standerton’s Rivierpark op ‘n weeklikse basis. Gedurende Oktober is ongeveer 400 sakke vullis uit die rivierpark verwyder.

Northern Light Foundation het ook gevaarlike stoptekens in Standerton in die volgende area’s geverf: Von Backstrom en Beyers Naude straat 4 ritging stop straat op pad na Hoërskool Standerton.

‘n Spesiale dank aan al ons lede vir hul bydraes, asook Paints Africa vir die padmerkverf, en Lekwa Clean up bemanning vir hul hulp

“Northern Light Foundation kry momentum in Standerton, wat ‘n veiliger en skoner omgewing verseker, ons sal nie op die kantlyn staan en net die verslegtende toestand van Standerton aanvaar nie,” het Hillel Coetzer se uitvoerende hoof van Northern Light Foundation, gesê.

As jy betrokke wil raak by die maak van Standerton ‘n beter plek, kontak of WhatsApp 0636131214

As jy op NLF se projekte en aksies opgedateer wil word, voel vry om by ons WhatsApp-groep aan te sluit deur die skakel hieronder te volg: https://chat.whatsapp.com/Cne23FAfX94EXIap9nEI47  of besoek ons webwerf: www.northernlightfoundation.co.za

Hillel Coetzer
Uitvoerende Hoof
Northern Light Foundation
info@northernlightfoundation.co.za
063 613 1214

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *